| outodidak [boodskap #130086] |
So., 01 Maart 2020 15:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25504 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
outodidak
Afbreking: ou•to•di•dak
Selfstandige naamwoord: outodidak
Meervoud: outodidakte
Betekenis:
• 'n Selfgeleerde. Persoon wat deur selfstudie sy kennis opgedoen het en geen formele opleiding gehad het nie.
Gebruik:
• Uit wese uit is hy dus 'n outodidak, wat nie die nodige geleenthede gehad het om te studeer nie en homself dus moes bekwaam met die beperkte middels tot sy beskikking.
Afgelei:
• outodidakties
Vertaling:
Engels: autodidact, automath, self-learner
Nederlands: autodidact
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 13 Junie 2026 08:45] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|