mandoor [boodskap #130070] |
Sun, 01 March 2020 06:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mandoor
Afbreking: man•door
Selfstandige naamwoord: mandoor
Meervoud: mandoors, mandore
Verkleinwoord: mandoortjie
Meervoud van verkleining: mandoortjies
Betekenis:
• Iemand wat toesig hou oor 'n span arbeiders/werkers. Die leier van 'n werkploeg.
Gebruik:
• Nicolaas Kemp van Batavia, was 'n mandoor van slawe in die losie van die Kaap.
Sinoniem:
• opsigter
• ploegbaas
• voorman
Vertaling:
Engels: foreman, mandoor, supervisor, overseer
Nederlands: mandoer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|