viskundige [boodskap #130056] |
Sat, 29 February 2020 08:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
viskundige
Afbreking: vis•kun•di•ge
Selfstandige naamwoord: viskundige
Meervoud: viskundiges
Betekenis:
• Iemand wat 'n deskundige op die gebied van visse is. 'n Persoon wat visse wetenskaplik bestudeer.
Gebruik:
• Prof. J.L.B. Smith was 'n bekende Suid-Afrikaanse viskundige wat die selakant geïdentifiseer en geklassifiseer het.
Sinoniem:
• igtioloog
• viskenner
Verwant:
• viskunde
Vertaling:
Engels: ichthyologist
Nederlands: vissendeskundige
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|