keur [boodskap #130041] |
Vr, 28 Februarie 2020 13:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
keur
Afbreking: keur
Werkwoord: keur
Verlede tyd: het gekeur
Betekenis:
• 'n Opinie oor iets vorm om te bepaal of dit goed is, of om die beste te kies.
Gebruik:
• Ek keur sulke gedrag glad nie goed nie.
Spreekwoord:
• Te kus en te keur. [Van allerhande soorte kan kies.]
Sinoniem:
• uitsoek
• kies
Afgelei:
• afkeur
• goedkeur
• keurder
• keurig
• keuring
Vertaling:
Engels: to select, assess
Nederlands: keuren
Selfstandige naamwoord: keur
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Keuse wat gemaak is.
Gebruik:
• 'n Keur van die beste Afrikaans sangers tree vanjaar op die fees op.
Sinoniem:
• beste
• uitgesoekte
• uitverkorene
Vertaling:
Engels: choice, selection; pick
Nederlands: keur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|