| bevriend [boodskap #130031] |
Do., 27 Februarie 2020 19:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24165 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bevriend
Afbreking: be•vriend
Samestelling: be- + vriend
Byvoeglike naamwoord: bevriend
Attributief: bevriende
Betekenis:
• Wat deur vriendskap met mekaar verbind is.
Gebruik:
• Ons is dik bevriend en kuier dikwels saam.
• Hulle ouers was bevriend en die vriendskap tussen dié twee het toe liefde geword.
• Die Voortrekkermonument was genoodsaak om hulp van bevriende organisasies te vra.
Antoniem:
• ontvriend
Afgelei:
• bevriendheid
Vertaling:
Engels: friendly, befriended
Nederlands: bevriend
Werkwoord: bevriend
Verlede tyd: het bevriend
Betekenis:
• Om vriende te maak of te word.
Gebruik:
• Hy het haar op sosiale media bevriend.
Wisselvorm:
• bevrind
Vertaling:
Engels: to befriend
Nederlands: bevrienden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|