pittig [boodskap #130016] |
Wed, 26 February 2020 19:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pittig
Afbreking: pit•tig
Byvoeglike naamwoord: pittig
Vergrotende trap: pittiger
Oortreffende trap: pittigste
Attributief: pittige
Betekenis:
• Snaaks; humoristies.
• Kort, kragtig en betekenisvol.
Gebruik:
• Waar kry jy al die pittige sêgoed?
• Die tersaaklike geskiedenis is pittig saamgevat.
Afgelei:
• pittigheid
Vertaling:
Engels: pithy, terse, racy, snappy
Nederlands: pittig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|