soebat [boodskap #130014] |
Wed, 26 February 2020 19:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
soebat
Afbreking: soe•bat
Werkwoord: soebat
Verlede tyd: het gesoebat
Teenwoordige deelwoord: soebatende
Betekenis:
• Aanhoudend en smekend vra.
Gebruik:
• Sy sal op haar eie knieë afsak om hom vir plek te soebat. "Asseblief, oom." [Dalene Matthee, Toorbos, 2003, p 103]
Sinoniem:
• mooipraat
• pleit
• smeek
• vra
• versoek
Antoniem:
• beveel
Afgelei:
• soebattery
Vertaling:
Engels: to beg, implore, entreat
Nederlands: soebatten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|