dubbelganger [boodskap #130013] |
Wed, 26 February 2020 19:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dubbelganger
Afbreking: dub•bel•gan•ger
Samestelling: dubbel + ganger
Selfstandige naamwoord: dubbelganger
Meervoud: dubbelgangers
Verkleinwoord: dubbelgangertjie
Meervoud van verkleining: dubbelgangertjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat net soos 'n ander een lyk.
Gebruik:
• Niemand het eens opgemerk dat hy nie die regte president, maar 'n dubbelganger, was nie.
Vertaling:
Engels: double, lookalike, doppelganger
Nederlands: dubbelganger
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|