avonturier [boodskap #129991] |
Wed, 26 February 2020 14:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
avonturier
Afbreking: a•von•tu•rier
Selfstandige naamwoord: avonturier
Meervoud: avonturiers
Verkleinwoord: avonturiertjie
Meervoud van verkleining: avonturiertjies
Betekenis:
• Iemand wat van avonture hou.
Gebruik:
• Die man is 'n onstuitbare avonturier en 'n begaafde storieverteller.
Wisselvorm:
• awenturier
Sinoniem:
• fortuinsoeker
• geluksoeker
• waaghals
Afgelei:
• leunstoelavonturier
Vertaling:
Engels: adventurer
Nederlands: avonturier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|