parvenu [boodskap #129983] |
Wed, 26 February 2020 09:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
parvenu
Afbreking: par•ve•nu
Selfstandige naamwoord: parvenu
Meervoud: parvenu's
Betekenis:
• Iemand wat skielik ryk geword het, maar wat die nuwe rykdom nie waardig uitleef nie. Persoon uit die laer stand wat skielik geld kry, maar by wie die beskawing ontbreek.
Gebruik:
• Hy is 'n platvloerse parvenu wat duidelik nie aan geld gewoond is nie.
Afgelei:
• parvenuagtig
Vertaling:
Engels: parvenu
Nederlands: parvenu
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|