Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuur
skuur [boodskap #129932] So, 23 Februarie 2020 10:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skuur
Afbreking: skuur
Uitspraak: /skyr/


Selfstandige naamwoord: skuur
Meervoud: skure
Verkleinwoord: skuurtjie
Meervoud van verkleining: skuurtjies

Betekenis:
• Die plek waar 'n boer sy oes bêre. Groterige gebou waarin goedere geberg word, soos 'n pakhuis op 'n plaas.

Gebruik:
• 'n Boer brand nie sy skuur na een slegte oes af nie.

Sinoniem:
• pakhuis
• bergplek
• bêreplek

Afgelei:
• graanskuur

Vertaling:
Engels: barn, shed
Nederlands: schuur


Werkwoord: skuur
Verlede tyd: het geskuur

Betekenis:
• Teenaan 'n ander oppervlak beweeg.
• 'n Oppervlak glad maak deur wrywing met 'n ruwe oppervlak van groter hardheid.

Gebruik:
• Kom skuur skouers met ander sakelui en praat oor wat die begroting vir jou besigheid beteken.
Skuur die muur goed af voordat jy begin verf.

Spreekwoord:
• Varke skuur hul modder teen pilare af. [Slegte mense beklad fatsoenlikes.]

Afgelei:
• afskuur
• uitskuur

Afgelei:
• skuurmasjien
• skuurmiddel
• skuurpapier
• skuurvlak

Vertaling:
Engels: to rub, sand, polish, scour, gall
Nederlands: schuren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skoonheidsalon
Volgende onderwerp: sjebeen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 19:31:50 MGT 2024