Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maai
maai [boodskap #129926] So, 23 Februarie 2020 08:18
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maai
Afbreking: maai


Werkwoord: maai
Verlede tyd: het gemaai
Teenwoordige deelwoord: maaiende
Verlede deelwoord: gemaaide

Betekenis:
• Om die bogrondse deel van iets met 'n werktuig te verwyder (soos koring van 'n land).

Gebruik:
• Hy maai die gras langs die pad.

Spreekwoord:
• Wat jy saai, sal jy maai. [Jy sal die gevolge van jou dade moet dra.]
• Wie wil maai, moet saai. [As 'n mens iets wil verdien, moet jy eers werk.]
• Wie nie saai nie, sal nie maai nie. ['n Mens moet werk as hy sukses wil hê.]
Maai waar jy nie gesaai het nie. [Die voordeel trek van werk wat 'n ander gedoen het.]
• Wie onrus saai, sal moeite maai. [Wie slegte doen, moet die slegte gevolge dra.]

Sinoniem:
• afsny
• oes

Afgelei:
• afmaai
• maaier
• maaiery
• maaimasjien
• maaityd

Verwant:
• sens
• sekel
• seis

Vertaling:
Engels: to mow, reap, cut
Nederlands: maaien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: raffinadery
Volgende onderwerp: sekel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 19:39:37 MGT 2024