Tuis » Taal » Woordeboek » verbond
verbond [boodskap #129922] |
Sa., 22 Februarie 2020 16:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21430 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verbond
Afbreking: ver•bond
Selfstandige naamwoord: verbond
Meervoud: verbonde
Verkleinwoord: verbondjie
Meervoud van verkleining: verbondjies
Betekenis:
• 'n Verdrag tussen state, sakevennote of individue, ter wille van 'n gemeenskaplike voordeel.
• Die Ou of Nuwe Testament (verhouding tussen mens en sy skepper).
Gebruik:
• Duitsland en sy ou bondgenoot Oostenryk het uit vrees vir aanvalle deur Rusland of Frankryk 'n tweevoudige verbond gesluit.
• Volgens Hebreërs 8 vervang die nuwe verbond die oue.
Afgelei:
• verbondsark
• verbondsbeker
• verbondsbepalings
• verbondsboek
• verbondsbreuk
• verbondsengel
• verbondsgod
• verbondskis
• verbondsluiting
• verbondstafel
• verbondsteken
• verbondstent
• verbondsverpligting
• verbondsvolk
• verbondswet
Vertaling:
Engels: alliance, union, pact, league, coalition; covenant, treaty
Nederlands: verbond
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 07 14:50:24 UTC 2025
|