| skoorsteen [boodskap #129909] |
Vr., 21 Februarie 2020 14:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Skoorsteen.
skoorsteen
Afbreking: skoor•steen
Uitspraak: /ˈskʊə̯r.stɪə̯n/
Selfstandige naamwoord: skoorsteen
Meervoud: skoorstene
Verkleinwoord: skoorsteentjie
Meervoud van verkleining: skoorsteentjies
Betekenis:
• 'n Regop kanaal of pyp waardeur gasse en rook kan opstyg en afgevoer word.
Gebruik:
• 'n Skoorsteen is een van die doeltreffendste maniere om van rook ontslae te raak.
Spreekwoord:
• Van sy mond 'n skoorsteen maak. [Baie, te veel rook.]
• Een oog in die pot en die ander in die skoorsteen. [Skeel kyk.]
Wisselvorm:
• koorsteen (informeel)
Afgelei:
• skoorsteenbesem
• skoorsteenbrand
• skoorsteenkap
• skoorsteenmantel
• skoorsteenplaat
• skoorsteenrand
• skoorsteenroet
• skoorsteenveër
Vertaling:
Engels: chimney, flue
Nederlands: schoorsteen
Nota:
• Van die Nederlandse "schoren", "stud, steun" en "steen", dus die stene wat die rookkanaal ondersteun.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|