Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » munt
munt [boodskap #129903] Vr., 21 Februarie 2020 06:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26126
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Munte
Munte
munt
Afbreking: munt


Selfstandige naamwoord: munt
Meervoud: munte
Verkleinwoord: muntjie
Meervoud van verkleining: muntjies

Betekenis:
• 'n Geldstuk wat van metaal geslaan is; muntstuk.
• Instelling wat munte slaan en note vervaardig.
• Die agterkant van 'n muntstuk (teenoor die kop of kruis).

Gebruik:
• 'n Goue munt se waarde word deur die heersende goudprys bepaal.
• Genoeg goud is gevind om die oprigting van 'n munt te regverdig.
• Roep jy kruis of munt?

Spreekwoord:
• In klinkende munt betaal. [Kontant betaal.]
• Hy slaan munt uit die situasie. [Voordeel trek uit die saak.]
• Kruis/kop of munt roep. [Die voor- of agterkant van die muntstuk.]
• Met gelyke munt terugbetaal. [Dieselfde aan 'n ander doen wat hy aan jou gedoen het.]
• Iemand met gelyke munt betaal. [Hom op dieselfde manier behandel as wat hy jou behandel het.]

Vertaling:
Engels: coin; mint; tails
Nederlands: munt


Werkwoord: munt
Verlede tyd: het gemunt
Verlede deelwoord: gemunte

Betekenis:
• Om muntstukke te vervaardig.
• Om 'n nuwe woord, uitdrukking of term te skep.

Gebruik:
• Die regering munt nie meer 1c-muntstukke nie.
• Die uitdrukking is deur 'n bekende skrywer gemunt.

Vertaling:
Engels: to coin
Nederlands: munten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: moskee
Volgende onderwerp: opgaardam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Aug. 15 06:55:52 UTC 2026