Betekenis:
• Geldstuk wat van metaal geslaan is; muntstuk.
• Plek waar geldstukke geslaan word. Instelling in staatsbesit waar munte en note vervaardig word.
• Die agterkant van 'n muntstuk (teenoor die kop of kruis).
Gebruik:
• 'n Goue munt se waarde word deur die heersende goudprys en die uniekheid van die munt bepaal.
• Genoeg goud is gevind om die oprigting van 'n munt te regverdig.
• Roep jy kruis of munt?
Spreekwoord:
• In klinkende munt betaal. [Kontant betaal.]
• Hy slaan munt uit die situasie. [Voordeel trek uit die saak.]
• Kruis/kop of munt roep. [Die voor- of agterkant van die muntstuk.]
• Met gelyke munt terugbetaal. [Dieselfde aan 'n ander doen wat hy aan jou gedoen het.]
• Iemand met gelyke munt betaal. [Hom op dieselfde manier behandel as wat hy jou behandel het.]