| moskee [boodskap #129902] |
Vr., 21 Februarie 2020 06:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Moskee.
moskee
Afbreking: mos•kee
Uitspraak: /mɔsˈkɪə̯/
Selfstandige naamwoord: moskee
Meervoud: moskees, moskeë
Verkleinwoord: moskeetjie
Meervoud van verkleining: moskeetjies
Betekenis:
• Die plek waar Moslems (die aanhangers van Islam) aanbid.
Gebruik:
• Die huis van Mohammed in Medina word as die eerste moskee beskou.
Vertaling:
Engels: mosque
Nederlands: moskee
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|