Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » prop
prop [boodskap #129898] Do, 20 Februarie 2020 19:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20802
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Doe prop van 'n wasbak.
Doe prop van 'n wasbak.
prop
Afbreking: prop


Selfstandige naamwoord: prop
Meervoud: proppe
Verkleinwoord: proppie
Meervoud van verkleining: proppies

Betekenis:
• 'n Stop waarmee iets soos 'n bottel of pyp mee afgesluit word.
• Bolvormige massa wat iets verstop.
• 'n Elektriese kontakpunt.

Gebruik:
• Sy trek die bad se prop uit. Hy skiet die sjampanjebottel se prop.
• 'n Prop hare het die wasbak verstop.
• Is die prop stewig in die sok ingedruk?

Afgelei:
• bloedprop
• oorprop
• propvol

Vertaling:
Engels: stopple, cork; plug
Nederlands: prop


Werkwoord: prop
Verlede tyd: het geprop

Betekenis:
• Dig afsluit.
• Oormatig vol maak.

Gebruik:
• Hy prop die bottel.
• Sy prop haar mond vol kos.

Vertaling:
Engels: to cram, fill
Nederlands: proppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hangmat
Volgende onderwerp: gemeen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 13:07:21 MGT 2024