Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klooster
klooster [boodskap #129883] Wo, 19 Februarie 2020 06:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20791
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die bouvalle van die klooster San Juan de la Peña in Spanje.
Die bouvalle van die klooster San Juan de la Peña in Spanje.
klooster
Afbreking: kloos•ter


Selfstandige naamwoord: klooster
Meervoud: kloosters
Verkleinwoord: kloostertjie
Meervoud van verkleining: kloostertjies

Betekenis:
• 'n Gemeenskap wat in toewyding van hul geloof in afsondering van die wêreld leef.
• Die gebou waarin 'n klooster gevestig is. Die woonplek van monnike en nonne.

Gebruik:
• Die oudste Christelike klooster, wat nog steeds bestaan, is Mor Gabriël in die Turkse dorp Toer Abdin wat in 397 deur ene Shmuel (Samuel) en sy dissipel Shem'un (Simon) gestig is.
• Die Grieks-Ortodokse Sint Nektarios-klooster by die Hartebeespoortdam is sowat 45 minute per motor van Johannesburg geleë.

Afgelei:
• kloosteragtig
• kloosterbalsem
• kloosterbewoner
• kloosterbroeder
• kloosterbroer
• kloostergang
• kloostergebou
• kloostergeestelike
• kloostergelofte
• kloostergemeenskap
• kloostergewaad
• kloosterhof
• kloosterhoof
• kloosterkapel
• kloosterkerk
• kloosterkleed
• kloosterlatyn
• kloosterlatyns
• kloosterlewe
• kloosterlik
• kloosterling
• kloostermoeder
• kloostermoraal
• kloostermuur
• kloosterorde
• kloosterowerste
• kloosterpoort
• kloosterreël
• kloosterruïne
• kloostersel
• kloosterskool
• kloostersuster
• kloostertug
• kloostertuin
• kloostervader
• kloostervoog
• kloosterwese
• kloosterwet

Vertaling:
Engels: monastery, convent, cloister, abbey.
Nederlands: klooster

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kliniek
Volgende onderwerp: koelkamer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 19:24:35 MGT 2024