kermis [boodskap #129880] |
Wo, 19 Februarie 2020 06:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kermis
Afbreking: ker•mis
Selfstandige naamwoord: kermis
Meervoud: kermisse
Verkleinwoord: kermissie
Meervoud van verkleining: kermissies
Betekenis:
• Die plek waar allerhande vermaaklikhede en verkoopkraampies gevind word. 'n Verkoping met volksvermaaklikhede om geld in te samel.
Gebruik:
• By Saterdag se basaar word die tradisie voortgesit met pannekoeke, hamburgers, worsrolletjies, kerrie-en-rys, koeke en terte om huis toe te neem, asook groente en vleis.
Sinoniem:
• basaar
• jaarmark
• kerkbasaar
Afgelei:
• kermisbed
• kermisdag
• kermisganger
• kermiskraam
• kermisnag
• kermistent
• kermisterrein
Vertaling:
Engels: fair, funfair
Nederlands: kermis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|