dassierot [boodskap #129863] |
Ma, 17 Februarie 2020 19:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dassierot
Afbreking: das•sie•rot
Samestelling: dassie + rot
Selfstandige naamwoord: dassierot
Meervoud: dassierotte
Verkleinwoord: dassierotjie
Meervoud van verkleining: dassierotjies
Betekenis:
• 'n Knaagdier (Petromus typicus) wat in rotsagtige gebiede in Suid-Afrika, Namibië en die suide van Angola voorkom.
Gebruik:
• Die dassierot lyk 'n bietjie na 'n eekhoring, maar dit het nie 'n pluimstert nie.
Vertaling:
Engels: dassie rat
Nederlands: dassierat, rotsrat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|