inryteater [boodskap #129860] |
Ma, 17 Februarie 2020 18:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20791 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inryteater
Afbreking: in•ry•tea•ter
Samestelling: inry + teater
Selfstandige naamwoord: inryteater
Meervoud: inryteaters
Verkleinwoord: inryteatertjie
Meervoud van verkleining: inryteatertjies
Betekenis:
• Plek waar flieks vertoon word waar besoekers met hulle voertuie ingaan.
Gebruik:
• By 'n inryteater kan kliënte rolprente vanuit die privaatheid en gemak van hulle motors geniet.
Sinoniem:
• inry
• inrybioskoop
• veldfliek
• veldbioskoop
Vertaling:
Engels: drive-in theater, drive-in cinema
Nederlands: drive-in bioscoop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|