Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hawe
hawe [boodskap #129858] Ma, 17 Februarie 2020 16:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skepe in 'n hawe.
Skepe in 'n hawe.
hawe
Afbreking: ha•we
Uitspraak: /ɦɑːvə/


Selfstandige naamwoord: hawe
Meervoud: hawens
Verkleinwoord: hawetjie
Meervoud van verkleining: hawetjies

Betekenis:
• Beskutte stuk water aan 'n kus waar skepe kan anker of vasmeer.
• (figuurlik) Eiendom en besittings; goed.
• (figuurlik) 'n Rusplek of skuilplek; toevlugsoord.

Gebruik:
• 'n Hawe het gewoonlik 'n kaai (gemesselde aanlêplek vir skepe) met steunpilare waaraan die skepe kan vasgemeer (teen vasgebind word).
• Die boer moes sy lewende hawe weens die droogte verkoop.
• Die honde is gered en na 'n veilige hawe geneem.

Afgelei:
• diepwaterhawe
• hawe-ingenieur
• hawe-arbeider
• hawebekken
• hawebestuur
• haweboom
• hawegeld
• hawehoof
• hawekantoor
• hawekaptein
• hawekom
• haweloods
• hawemeester
• hawepolisie
• hawestad

Verwant:
• getyhawe
• lughawe
• motorhawe

Vertaling:
Engels: harbour, port, dock
Nederlands: haven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: steengroef
Volgende onderwerp: herbarium
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 19:52:52 MGT 2024