steengroef [boodskap #129857] |
Ma, 17 Februarie 2020 16:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
steengroef
Afbreking: steen•groef
Samestelling: steen + groef
Selfstandige naamwoord: steengroef
Meervoud: steengroewe
Verkleinwoord: steengroefie
Meervoud van verkleining: steengroefies
Betekenis:
• Die plek waar gruis of klippe uitgehaal word.
Gebruik:
• 'n Diep steengroef kan maklik met water vul en word dan 'n gevaarsone waar verdrinkings kan plaasvind.
Sinoniem:
• gruisgroef
Vertaling:
Engels: quarry, stone pit
Nederlands: steengroeve
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|