tap [boodskap #129840] |
So, 16 Februarie 2020 17:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tap
Afbreking: tap
Werkwoord: tap
Verlede tyd: het getap
Teenwoordige deelwoord: tappende
Betekenis:
• 'n Vloeistof laat stroom.
Gebruik:
• Sy tap vir haar 'n warm bad.
• Hy werk dat die sweet tap.
Spreekwoord:
• Bloed uit 'n klip tap. [Die onmoontlike probeer doen; te veel eis.]
• 'n Ui tap. ['n Grap maak.]
• Uit 'n ander vaatjie tap. [Anders praat as tevore.]]
Afgelei:
• aftap
• uittap
Vertaling:
Engels: to tap
Nederlands: tappen
Selfstandige naamwoord: tap
Meervoud: tappe
Betekenis:
• 'n Aftapkraan wat oop en toe gedraai kan word.
Gebruik:
• Hulle bedien bier van die tap.
Vertaling:
Engels: tap
Nederlands: tap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|