kweekhuis [boodskap #129838] |
So, 16 Februarie 2020 16:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kweekhuis
Afbreking: kweek•huis
Samestelling: kweek + huis
Selfstandige naamwoord: kweekhuis
Meervoud: kweekhuise
Verkleinwoord: kweekhuisie
Meervoud van verkleining: kweekhuisies
Betekenis:
• Die gebou waar plante onder glas of plastiek gekweek word. Deursigtige konstruksie vir die kultivering van plante wat 'n ander klimaat as die heersende klimaat verlang.
Gebruik:
• Die passieblom kan in 'n pot in 'n kweekhuis of sonnige vertrek gehou word.
Afgelei:
• kweekhuisgas
• kweekhuiseffek
Vertaling:
Engels: greenhouse
Nederlands: kas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|