Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ateljee
ateljee [boodskap #129832] So, 16 Februarie 2020 15:44
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skilder in jy ateljee.
'n Skilder in jy ateljee.
ateljee
Afbreking: a•tel•jee


Selfstandige naamwoord: ateljee
Meervoud: ateljees
Verkleinwoord: ateljeetjie
Meervoud van verkleining: ateljeetjies

Betekenis:
• Die werkplek van 'n kunstenaar.
• Vertrek vanwaar radio- en TV-uitsendings gedoen word.

Gebruik:
• Sy ateljee was gepak met skilderye.
• Die program word Maandae vanuit die ateljee in Johannesburg uitgesaai.

Hiponiem:
• dansateljee
• filmateljee
• televisieateljee

Afgelei:
• ateljeegas
• ateljeehoof
• ateljeetoerusting

Vertaling:
Engels: workshop, studio
Nederlands: atelier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: arkade
Volgende onderwerp: bakkery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 19:29:26 MGT 2024