klankgreep [boodskap #129816] |
Sa, 15 Februarie 2020 16:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klankgreep
Afbreking: klank•greep
Samestelling: klank + greep
Selfstandige naamwoord: klankgreep
Meervoud: klankgrepe
Verkleinwoord: klankgrepie
Meervoud van verkleining: klankgrepies
Betekenis:
• 'n Groep klanke wat met 'n enkele asemstoot uitgespreek word.
Gebruik:
• 'n Lettergreep is iets wat 'n mens op grond van die letters (spelling) bepaal, terwyl 'n klankgreep op grond van die klank (uitspraak) bepaal word.
• Die klankgrepe van "asseblief" is a-se-blief (die een "s" val weg").
Verwant:
• lettergreep
• sillabe
Vertaling:
Engels: syllable
Nederlands: syllabe
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|