tyding [boodskap #129812] |
Sa, 15 Februarie 2020 15:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tyding
Afbreking: ty•ding
Selfstandige naamwoord: tyding
Meervoud: tydinge, tydings
Verkleinwoord: tydinkie
Meervoud van verkleining: tydinkies
Betekenis:
• 'n Berig of nuus wat ontvang word.
Gebruik:
• O die goeie tyding, o die blye tyding - helder klink dit met Kersfeestyd. [Gesang 103]
Spreekwoord:
• Nie taal of tyding ontvang nie. [Geen nuus nie.]
• Geen tyding, goeie tyding. [As 'n mens niks van 'n persoon hoor nie, kan jy seker wees dat dit goed gaan.]
Sinoniem:
• bekendmaking
• kennisgewing
• mededeling
• verwittiging
Afgelei:
• doodstyding
• maratyding
• onheilstyding
Vertaling:
Engels: news, tidings
Nederlands: tijding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|