Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skrynwerker
skrynwerker [boodskap #129798] Sa, 15 Februarie 2020 06:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skrynwerkers wat hout vir meubels saag.
Skrynwerkers wat hout vir meubels saag.
skrynwerker
Afbreking: skryn•wer•ker


Selfstandige naamwoord: skrynwerker
Meervoud: skrynwerkers
Verkleinwoord: skrynwerkertjie
Meervoud van verkleining: skrynwerkertjies

Betekenis:
• Iemand wat hout bewerk met sae, beitels, skawe, hamers, spykers, ens.

Gebruik:
• 'n Skrynwerker bou, monteer, installeer en herstel voorwerpe soos deure, ingeboude kaste, kombuiskaste en vensterrame; asook meubelstukke soos stoele, tafels, boekrakke en ander items van hout.

Sinoniem:
• meubelmaker

Verwant:
• timmerman

Vertaling:
Engels: cabinetmaker, joiner
Nederlands: schrijnwerker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skriba
Volgende onderwerp: snelskriftikster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 20:29:17 MGT 2024