opsigter [boodskap #129769] |
Thu, 13 February 2020 17:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opsigter
Afbreking: op•sig•ter
Selfstandige naamwoord: opsigter
Meervoud: opsigters
Verkleinwoord: opsigtertjie
Meervoud van verkleining: opsigtertjies
Betekenis:
• Iemand wat toesig hou oor 'n bate (soos 'n woonstelblok) of oor die werk van andere.
Gebruik:
• Daar is vroeër berig dat van die huurders met 'n opsigter koppe gestamp het oor huurgeld en herstelwerk.
Sinoniem:
• bestuurder
• toesighouer
Vertaling:
Engels: supervisor, overseer, caretaker
Nederlands: opzichter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|