Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gids
gids [boodskap #129765] Wo., 12 Februarie 2020 19:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24235
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gids
Afbreking: gids


Selfstandige naamwoord: gids
Meervoud: gidse
Verkleinwoord: gidsie
Meervoud van verkleining: gidsies

Betekenis:
• Persoon wat 'n groep begelei, besienswaardighede uitwys en die betekenis daarvan verduidelik.
• 'n Handboek wat sake toelig en verduidelik.

Gebruik:
• Die gids vertel die toergroep oor die geskiedenis van die Voortrekkermonument.
• Hierdie stap-vir-stap gids sal jou help om die onderwerp te bemester.

Hiponiem:
• reisgids
• snuffelgids
• studiegids
• taalgids
• toergids
• vakansiegids
• veldgids

Afgelei:
• gidshond

Vertaling:
Engels: guide; directory, handbook
Nederlands: gids

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: narkotiseur
Volgende onderwerp: nyweraar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 29 13:57:41 UTC 2025