| monografis [boodskap #129758] |
Wo., 12 Februarie 2020 07:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26481 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
monografis
Afbreking: mo•no•gra•fis
Selfstandige naamwoord: monografis
Meervoud: monografiste
Verkleinwoord: monografissie
Meervoud van verkleining: monografissies
Betekenis:
• Iemand wat 'n monografie (verhandeling deur een outeur oor 'n enkele onderwerp) skryf.
Gebruik:
• Gerard Moerdijk was nie net 'n argitek nie, maar ook 'n monografis wat 'n monografie oor die die swak akoestiek in Suid-Afrikaanse kerke geskryf het.
Sinoniem:
• monografieskrywer
Vertaling:
Engels: monographist, monographer
Nederlands: monographist, monografieschrijver
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 12 September 2026 09:08] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|