vlieënier [boodskap #129748] |
Tue, 11 February 2020 18:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vlieënier
Afbreking: vlie•ë•nier
Selfstandige naamwoord: vlieënier
Meervoud: vlieëniers
Verkleinwoord: vlieëniertjie
Meervoud van verkleining: vlieëniertjies
Betekenis:
• Iemand wat 'n vliegtuig vlieg.
Gebruik:
• Militêre vlieëniers vlieg onder regeringskontrak as deel van hulle land se verdedigingsmag.
Sinoniem:
• loods
• piloot
Afgelei:
• vlieënierslisensie
Vertaling:
Engels: pilot
Nederlands: piloot, vliegenier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|