aankyk [boodskap #129739] |
Mon, 10 February 2020 20:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aankyk
Afbreking: aan•kyk
Samestelling: aan + kyk
Werkwoord: kyk aan, aankyk
Verlede tyd: het aangekyk
Teenwoordige deelwoord: aankykende
Betekenis:
• Om vir langer as normaal na iemand te kyk.
Gebruik:
• Hou op om my so aan te kyk!.
• Sy het hom verlief aangekyk.
Spreekwoord:
• Iemand met die nek aankyk. [Hom nie groet nie.]
• Iemand skuins aankyk. [Iemand agterdogtig aankyk.]
Sinoniem:
• gluur
• staar
Vertaling:
Engels: to look at
Nederlands: aankijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|