erdvark [boodskap #129733] |
Mon, 10 February 2020 14:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
erdvark
Afbreking: erd•vark
Samestelling: erd + vark
Selfstandige naamwoord: erdvark
Meervoud: erdvarke
Verkleinwoord: erdvarkie
Meervoud van verkleining: erdvarkies
Betekenis:
• Soogdier van Afrika met 'n lang snoet wat baie soos 'n vark lyk en snags aktief is, Orycteropus afer.
Gebruik:
• 'n Ongewone gewoonte van die erdvark is dat die dier sy ontlasting begrawe.
Sinoniem:
• aardvark (verouderd)
Afgelei:
• erdvarkgat
• erdvarkjag
Vertaling:
Engels: aardvark
Nederlands: aardvarken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|