Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doofpot
doofpot [boodskap #129731] Mon, 10 February 2020 12:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20966
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Doofpot met 'n deksel.
'n Doofpot met 'n deksel.
doofpot
Afbreking: doof•pot
Samestelling: doof + pot


Selfstandige naamwoord: doofpot
Meervoud: doofpotte
Verkleinwoord: doofpotjie
Meervoud van verkleining: doofpotjies

Betekenis:
• 'n Houer van erdewerk of metaal waarin kole vroeër jare gegooi is om hulle te uit te doof.

Gebruik:
• Argaïese woorde is uit die gedrukte woordeboek verwyder, maar is steeds op die internet beskikbaar en nie in die doofpot gestop nie.

Spreekwoord:
• Iets in die doofpot stop. [Oor iets swyg om seker te maak dat dit vergeet word of vergete bly.]

Sinoniem:
• smoorpot

Afgelei:
• doofpotbeleid
• doofpotkultuur
• doofpotpolitiek

Vertaling:
Engels: cover-up; extinguisher
Nederlands: doofpot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jongklomp
Volgende onderwerp: aardvark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 00:10:02 UTC 2025