jongklomp [boodskap #129729] |
Mon, 10 February 2020 11:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jongklomp
Afbreking: jong•klomp
Samestelling: jong + klomp
Selfstandige naamwoord: jongklomp
Meervoud: –
Betekenis:
• Jonger kinders in die algemeen.
Gebruik:
• Sy het teenoor die bejaarde onderwyseres opgemerk hoe goedgemanierd die jongklomp is, hoe mooi netjies hulle in rye staan en luister as die juffrou praat.
Sinoniem:
• jongelinge
• jongmense
• jeug
• jeugdiges
Vertaling:
Engels: youngsters
Nederlands: jongen, jongeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|