Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Worsie & Kaasrol
Worsie & Kaasrol [boodskap #35] So, 20 Mei 2018 09:22
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
Worsie & Kaasrol

Kors
500 ml, ongesif afgemeet, koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 g margerien, by kamer temperatuur
150 ml melk

Vulsel
250g Weense worsies, grof gerasper
500ml gerasperde kaas
50 ml margerien
1 ui fyn gekap
7 ml worcestersous
7 ml anngemaakte mosterd
1 eiergeel & 25 ml melk saamgeklits
vars pietersielie of ander kruie

Voorverhit oond tot 200 C. Smeer bakplaat. Sif meel, bakpoeier & sout saam. Vryf margerien liggies met vingerpunte in meelmengsel tot goed gemeng.

Sny melk met 'n slaplem mes in meelmengsel terwyl geleidelik in straaltjie bygevoeg word, 'n taamlike stywe deeg moet ontstaan. Rol deeg op meel bestrooide deegplank uit in 'n reghoek van 35x27 cm.

Meng worsies, kaas en margerien, ui, worcestersous en mosterd saam. Smeer mengsel ewe dik oor deeg. Rol deeg soos 'n rolkoek van een sy af op met vulsel tussenin.

Plaas rol op bakplaat. Sny rol in dunnerige skywe met skerp mes, maar moenie rol tot onder sny nie die boom moet heel bly. Trek skywe effe uitmekaar, Verf eiermelk bo-oor.

Bak rol op middelste rak, vir 20 minute of tot ligbruin en gaar.

Strooi kruie oor & sit warm voor.
Vorige onderwerp: Suurlemoen Sukses
Volgende onderwerp: Malvasnoepies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jan 16 09:40:38 UTC 2022