baljoggie [boodskap #129711] |
Sun, 09 February 2020 12:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
baljoggie
Afbreking: bal•jog•gie
Samestelling: bal + joggie
Selfstandige naamwoord: baljoggie
Meervoud: baljoggies
Betekenis:
• Jong persoon wat balle by 'n sportwedstryd aangee.
Gebruik:
• Hy onthou Wimbledon vir die aanskoulikheid van die spel, die netjiese groen bane, die elegante wit uitrustings van die spelers, die flukse baljoggies en die gehoor se reaksies.
Verwant:
• joggie
Vertaling:
Engels: ball boy
Nederlands: ballenjongen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|