jokkie [boodskap #129710] |
Sun, 09 February 2020 12:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jokkie
Afbreking: jok•kie
Selfstandige naamwoord: jokkie
Meervoud: jokkies
Betekenis:
• 'n Beroepsruiter by perderenne, gewoonlik korter en ligter as normale mense, om nie die perd se spoed te belemmer nie.
Gebruik:
• Die jokkie het van sy perd afgeval.
Afgelei:
• jokkieklub
• jokkiepak
• jokkiepet
Vertaling:
Engels: jockey
Nederlands: jockey
Nota:
• Moenie "jokkie" met "joggie" ('n gholfklonkie) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|