amateur [boodskap #129679] |
Sat, 08 February 2020 06:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
amateur
Afbreking: ama•teur
Selfstandige naamwoord: amateur
Meervoud: amateurs
Verkleinwoord: amateurtjie
Meervoud van verkleining: amateurtjies
Betekenis:
• Iemand wat iets as 'n stokperdjie beoefen, en nie professioneel of as 'n beroep nie.
• 'n Persoon aan sport deelneem vir die genot daarvan, sonder om wins daaruit te maak.
• (pejoratief) Iemand wat ongekwalifiseer, onervare of onkundig is.
Gebruik:
• Daar was egter ook amateur-wiskundiges wat belangrike bydraes tot die veld gemaak het.
• Sewesrugby is gewild op alle vlakke, met amateur- en klubtoernooie wat in die somermaande gehou word.
• Jy is 'n amateur, los dit eerder vir die mense wat weer hoe dit werk.
Afgelei:
• amateuragtig
• amateuratleet
• amateuratletiekfederasie
• amateurbokser
Vertaling:
Engels: amateur, novice
Nederlands: amateur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|