| beiaardier [boodskap #129672] |
Vr., 07 Februarie 2020 05:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beiaardier
Afbreking: bei•aar•dier
Selfstandige naamwoord: beiaardier
Meervoud: beiaardiers
Verkleinwoord: beiaardiertjie
Meervoud van verkleining: beiaardiertjies
Betekenis:
• Iemand wat klokke speel.
Gebruik:
• Quasimodo, ook bekend as die Boggelrug van Notre-Dame, was 'n saggeaarde en eensame beiaardier.
Sinoniem:
• kariljoneur
• klokluier
• klokkenis
• klokkespeler
Vertaling:
Engels: carilloneur
Nederlands: beiaardier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|