argivaris [boodskap #129664] |
Thu, 06 February 2020 19:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
argivaris
Afbreking: ar•gi•va•ris
Selfstandige naamwoord: argivaris
Meervoud: argivarisse
Verkleinwoord: argivarissie
Meervoud van verkleining: argivarissies
Betekenis:
• Iemand wat 'n amptenaar by 'n argief is; argiefbewaarder.
Gebruik:
• Sy is 'n gekwalifiseerde argivaris met baie jare ervaring in die veld van rekordbestuur en argivering.
• Geen rekords mag van een installasie na 'n ander oorgeplaas word voordat die Nasionale Argivaris die oorplasing goedgekeur het nie.
Afgelei:
• assistent-argivaris
Vertaling:
Engels: archivist, keeper of the records
Nederlands: archivaris
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|