Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » avontuur
avontuur [boodskap #129651] Wed, 05 February 2020 18:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20949
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
avontuur
Afbreking: avon•tuur


Selfstandige naamwoord: avontuur
Meervoud: avonture
Verkleinwoord: avontuurtjie
Meervoud van verkleining: avontuurtjies

Betekenis:
• 'n Buitengewone gebeurtenis of ervaring waarvan die uitkoms nie seker is nie en wat dikwels gevaarlik is; 'n onverwagte of vreemde lotgeval.

Gebruik:
• Dit was 'n uitputtende bergfietsrit, maar op 'n wildsplaas definitief 'n avontuur.

Wisselvorm:
• awentuur
• awontuur

Afgelei:
• avontuurlik
• avontuurverhaal

Vertaling:
Engels: adventure
Nederlands: avontuur

Nota:
• Daar is ook 'n klein dorpie in die Langkloof (Wes-Kaap) wat as "Avontuur" bekend staan.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afslaer
Volgende onderwerp: snorbaard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 02 20:26:38 UTC 2025