Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » advokaat
advokaat [boodskap #129648] Wed, 05 February 2020 14:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20951
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Advokaat.
'n Advokaat.
advokaat
Afbreking: ad•vo•kaat


Selfstandige naamwoord: advokaat
Meervoud: advokate
Verkleinwoord: advokaatjie
Meervoud van verkleining: wadvokaatjies

Betekenis:
• (juridies) Iemand wat groot sake in die hoër hof bepleit; die verdediger in regsake.
• Dikkerige drankie van brandewyn, eiers, suiker en gerasperde neutmuskaat; eierlikeur.

Gebruik:
• 'n Praktiserende advokaat behoort gewoonlik aan 'n Vereniging van Advokate wat as die Balie bekend staan.
• Volgens 'n ou bygeloof help 'n sopie advokaat om die stembande te smeer en die brein te verskerp.

Afkorting:
• adv.

Vertaling:
Engels: advocate, barrister
Nederlands: advocaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: admiraal
Volgende onderwerp: afsitter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 02 21:07:45 UTC 2025