wilsand [boodskap #129646] |
Wed, 05 February 2020 07:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wilsand
Afbreking: wil•sand
Samestelling: wil + sand
Selfstandige naamwoord: wilsand
Meervoud: wilsande
Betekenis:
• Sand wat met water versadig is en waarin alles wat daarop druk uitoefen in wegsak.
Gebruik:
• As dit voel asof wilsand jou insuig, moenies spartel nie en leun stadig agteroor tot jy op jou rug dryf.
Sinoniem:
• dryfsand
• loopsand
• vlugsand
• welsand
Vertaling:
Engels: quicksand
Nederlands: drijfzand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|