Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Viljoen se amnestie
Viljoen se amnestie [boodskap #12148] Fri, 16 January 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> aansoek nie.
> En my common sense se vir my as die ANC-lede s'n skipbreuk lei, dan
> strand syne ook.
> Weet jy dalk anders oor sy aansoek?
> Se tog asb. waar jy dit hoor en gee bietjie details.

Die Burger 28/4/97 Blasy 2 (Laaste uitgawe)

>

Die Burger 14/01/98:

Want ek is so bevrees dat ek wel reg is[/color]

Wees nie bevrees nie. Voorsien liewer die gronde vir jou vrees (soos in die
vorm van bronne, byvoorbeeld). Dan kan ons dit mooi oop en deursigtig
verwerk.

> en dan moet mens vra of jy
> aspris verkeerde inligting versprei on "TRC-bashing" te doen (wat
> natuurlik na verdere vrae lei) en of jy werklik nie weet nie, maar dat
> dit jou nie afsit om modder te gooi nie. Wat natuurlik ook na verdere
> vrae lei.

En indien dit sou blyk dat jy _nie_ reg is nie, sou mens jou moet afvra
waarom Ferdi so gou is om ander van moddergooiery te beskuldig. Dit lyk dan
self so baie na moddergooiery.

> Wat my betref in die bree is die WVK n baie suksesvolle instelling.
> Dit het talle vrae vir my beantwoord wat my lank reeds pla en waarop
> en geen antwoorde sou gekry het as die WVK nie daar was nie.

Ag, ek is bly dat jy die antwoorde bevredigend vind.

Een van die nalatenskappe van "Christelik Nasionale Onderwys" (Nog
Christelik nog onderwys) was natuurlik 'n geneigdheid om gesag onkrities te
aanvaar - veral die gesag van mense wat jou eie vooroordele deel.

> Dit het vir my ook die voordeel dat baie inligting op formele wyse
> uitkom anders as oor jare in n moddergooiery en in gerugte wat loop.
> En vir my werk die WVK uitstekend as n versoeningsinstansie.

Ek is bly dit werk vir jou.

Dalk kan jy ook eendag sê: "Ek het nie geweet nie".

Vriendelike groete, Leendert
Re: Viljoen se amnestie [boodskap #12168 is 'n antwoord op boodskap #12148] Sat, 17 January 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Jan 1998 13:13:11 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>

Ja, jammer jou siel is te klein daarvoor.



Tipies een van jou sinne. Vol insunuasie en belediging, maar niks
definitiefs nie.

(Maar jy weet mos baie van "ek het nie geweet nie" met n oop gesig se,
ne?)

Oor jou bronne. Ek sien dis die Burger se berigte en jou afleidings.
Jou arme gek, aansoeke om amnestie word nie by Die Burger ingedien
nie, maar by die WVK.

Maar ou Leunie, se nou maar dit kom een van die dae uit dat Viljoen
nooit verhinder was om aansoek te doen soos hy wil nie en dat hy wel
dieselfde aansoek gedoen het as die ANC-mense, wat dan, Leunie?

Ek bedoel nou met jou wat so n duiwehok van haat opgebou het op die
"waarheid".

En hoekom dink ek jy het dit nooit by enige eerstehadse bron gaan
uit-check Nie, hmmm?
Re: Viljoen se amnestie [boodskap #12183 is 'n antwoord op boodskap #12148] Sun, 18 January 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Fri, 16 Jan 1998 13:13:11 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> >
>
> Ja, jammer jou siel is te klein daarvoor.

Gelukkig, Koos, kan ons altyd op jou vertrou vir ruimhartige uitsprake soos
hierdie, nie waar nie?

>
>
>
> Tipies een van jou sinne. Vol insunuasie en belediging, maar niks
> definitiefs nie.

Gelukkig reageer jy altyd, soos hier, met iets baie "definitiefs", op die
punt en op die man af, altyd met inagneming van die oorspronklike konteks,
en sonder enige sweem van veralgemening. Vir insinuasie en belediging van
jou sal mens tevergeefs wag, nie waar nie?

>
> (Maar jy weet mos baie van "ek het nie geweet nie" met n oop gesig se,
> ne?)

Soos hier. Let op die verwysing na besonderhede. Duidelik, objektief, en
ontdoen van enige insinuasie. Bravo, Koos!

>
> Oor jou bronne. Ek sien dis die Burger se berigte en jou afleidings.
> Jou arme gek, aansoeke om amnestie word nie by Die Burger ingedien
> nie, maar by die WVK.

En hier. Geen sweem van belediging nie! Hoe kry jy dit reg, Koos?

Maar ek verneem, uit 'n ander berig van jou, dat aansoeke by die WVK nie
toeganklik is vir arme drommels soos ek, wat maar net ons burgerregte
probeer uitoefen nie. Ons, so lyk dit my, is maar afhanklik van julle elite
boys van die fourth estate wat (so lyk dit my) die bronne van die werklike
waarheid styf teen die bors hou, terwyl julle toelaat dat ons so mislei word
deur die ou brokkies wat julle self vir ons laat val (of beweer jy dalk dat
Die Burger _doelbewus_ probeer om ons te belieg?)

>
> Maar ou Leunie, se nou maar dit kom een van die dae uit dat Viljoen
> nooit verhinder was om aansoek te doen soos hy wil nie en dat hy wel
> dieselfde aansoek gedoen het as die ANC-mense, wat dan, Leunie?

Dan moet ons ons afvra of ons 'n waarheidskomissie moet instel om agter die
waarheid te kom omtrent die waarheidskommissie, nie waar nie?

Sal jy vir ons 'n voorlegging doen oor die rol van "die Pers" daarin? Of ten
minste net van Nasionale Pers?

>
> Ek bedoel nou met jou wat so n duiwehok van haat opgebou het op die
> "waarheid".

Nee, Koos. Jy verstaan verkeerd. Die betrokke duiwehok van haat is in die
parlement opgebou op die "waarheid". En die paringsdans word in 'n
baletrompie gedans, met Fransklinkende tempo-aanduidings.

>
> En hoekom dink ek jy het dit nooit by enige eerstehadse bron gaan
> uit-check Nie, hmmm?

Maar dis jy wat beweer dat hierdie "eerstehandse bronne" vertroulik is, en
ontoeganklik vir die publiek!

Ek merk juis op dat jy baie skroomvallig is om enige van hulle vir ons aan
te haal of te wys, of hoe?

Of hou jy maar net van werkruipertjie speel met jou bronne?

Blok jou!

Vriendelike groete, Leundert
Re: Viljoen se amnestie [boodskap #12184 is 'n antwoord op boodskap #12148] Sun, 18 January 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 Jan 1998 16:17:19 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

(Maar jy weet mos baie van "ek het nie geweet nie" met n oop gesig
se,
>> ne?)
>
> Soos hier. Let op die verwysing na besonderhede. Duidelik, objektief, en
> ontdoen van enige insinuasie. Bravo, Koos!>>

Weer uitgevang.
As jy die taktiek gebruik reken jy dis baie slim.
As dit op jou omgedraai word, skel jy daaroor!!!

Maar so het ek jou leer ken in die groep.
Vorige onderwerp: Re: DIE WET EN ORDE
Volgende onderwerp: Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 00:33:45 UTC 2024