sarsie [boodskap #129631] |
Tue, 04 February 2020 07:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20949 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sarsie
Afbreking: sar•sie
Selfstandige naamwoord: sarsie
Meervoud: sarsies
Betekenis:
• Die gelyktydige afvuur van 'n aantal skote; 'n salvo van geweer- of kanonvuur.
• (figuurlik) Iets wat aan sulke skote herinner: 'n vinnige klomp dinge agtermekaar.
Gebruik:
• Die bende vuur 'n sarsie skote in die lug af.
• Die tennisspelers slaan 'n sarsie houe. Sy maak haarself reg om 'n sarsie vrae te beantwoord.
Vertaling:
Engels: salvo; rally, sally
Nederlands: salvo
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|