manuskrip [boodskap #129613] |
Mon, 03 February 2020 06:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20951 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
manuskrip
Afbreking: ma•nu•skrip
Selfstandige naamwoord: manuskrip
Meervoud: manuskripte
Verkleinwoord: manuskripie
Meervoud van verkleining: manuskripies
Betekenis:
• 'n Outeur se prototipe van 'n werk wat vir publikasie ingelewer word.
• 'n Teks (gewoonlik oud) wat met die hand geskryf is.
Gebruik:
• Vandag word 'n manuskrip beskou as 'n outeur se geskrewe of getikte kopie of drukstuk van 'n werk wat van die finaal gedrukte weergawe onderskei moet word.
• Voor die koms van drukkuns, was alle dokumente en boeke manuskripte.
Vertaling:
Engels: manuscript
Nederlands: manuscript
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|